My belewenis van geloof van wie ek in Christus is

Ek is ’n kosbare vrou/man van groot waarde en betekenis, want Jesus, die Koning van
konings, het my gekoop en betaal met Sy eie lewe aan die kruis.
Ek is ’n koningsdogter/seun met ’n kroon van heerlikheid (glory) en eer op my kop en ek
dra Jesus se koningskleed van geregtigheid. [Jes. 61:10; Ps. 8:6].
God aanvaar my en keur my goed [Jer. 1:5].
Ek is wonderlik gemaak na God se beeld [Ps. 139:14; Gen. 1:27].
Daarom is daar geen veroordeling vir my in Christus nie [Rom. 8:1].
En daarom aanvaar ek myself honderd persent en het myself lief
net soos God my gemaak het.
Vader God, ek is wie U sê ek is: U het my geroep [2 Tim. 1:9].
Ek is deur Vader God gekies voor die begin van die wêreld in Jesus Christus vir sy
eie alleen gebruik [Ef. 1:4; 1 Pet. 2:9; 1 Thes. 1:4; Joh. 15:16].
Ek is ’n dogter/seun van Vader God [Rom 8:15&16].
Ek is weergebore uit onverganklike saad van God se lewende Woord
wat vir ewig is [1 Pet. 1:23].
Ek is regtig vergewe vir al my sondes en Jesus se bloed het my gewas van
alle skuldgevoelens en skande/”shame” [Ef. 1:4&7; 1 Joh. 2:12; 1 Joh. 1:9; kol 1:14].
Ek is ’n splinternuwe skepping in Christus [2 Kor. 5:17].
Ek is heilig en onskuldig in Vader God se oë. Ek is eintlik onberispelik in Sy liefde [Ef. 1:4].
Ek is asof ek nog nooit gesondig het nie – ek is die geregtigheid in Christus –
en daarom totaal aanvaar en goedgekeur en staan
in ’n goeie, lewende verhouding met Vader God [Rom 8:30-34].
Ek het ten volle toegang tot Vader God [Ef. 2:18].
Ek het groot vrymoedigheid om sonder vrees voor
Vader God se troon te verskyn,[Heb. 4:16].
Ek is regtig geseënd en is Vader God se liefling [Gal. 3:8 & 9].
Ek is sy oogappel en my naam is in Sy handpalm geskryf [Sag. 2:8; Ps. 17:8; Jes. 49:16].
Ek is Vader God se bloudruk en die Heilige Gees
se seël/watermerk van goedkeuring is op my [Ef. 1:13].
Die “awesome” werk wat Vader God in my begin het,
gaan Hy voltooi in my tot die einde toe [Fil. 1:6; 1 Kor. 1:8].
Ek verander daagliks na Sy beeld – ek word meer en meer soos Vader God [2 Kor. 3:18].
Ek is Vader God se handewerk in Christus, om goeie werke te doen [Ef. 2:10].
Ek is Jesus Christus se ambassadeur hier op aarde [ 2 Kor. 5:20].
Ek is kompleet/volkome in Hom [Kol. 2:10].
Ek is die Heilige Gees se tempel en ek is Sy eiendom [1 Kor. 6:19].
Ek het die verstand/”mind” van Christus [1 Kor. 2:16; Fil. 2:5].
Ek is ’n mede erfgenaam van Christus en Hy het my wetlik gekwalifiseer
om deel te hê in al Vader God se rykdom [Rom. 8:17; Kol. 1:12; Ef. 1:11].
Ek is losgekoop van die vloek van die wet
en al Abraham se seëninge is myne[Gal. 3:13 & 14].
Ek is gered en verlos van die sinnelose leefstyl wat ek van al my voorouers se
negatiewe tradisies geërf het, deur die kosbare bloed van Jesus Christus [1 Pet. 1:18 & 19].
Ek is verlos/gered van die beheer en oorheersing van die duiwel en ek is oorgebring
onder die koningskap van Vader God se geliefde Seun, Jesus Christus [Kol. 1:13].
Ek is waarlik vrygemaak [Joh. 8:36; Gal. 5:1; Joh. 8:31-34].
Ek is dood vir sonde en lewend vir Christus [Rom. 6:11; Ef. 2:5].
Ek is opgewek/lewendig gemaak saam met Christus
en ek sit lang Jesus in die hemel [Ef. 2:6].
Omdat ek uit Vader God gebore is, het die bose geen vatplek aan my nie [1 Joh. 5:18].
Toe ek weergebore geword het, het ek alles van Vader God geërf,
veral Sy goddelike natuur [ 2 Pet. 1:3 & 4].
Ek is geseënd met elke geestelike seën wat die hemel my kan bied [Ef. 1:3].
Ek is diepgewortel en opgebou in my vertroue in Christus [Kol. 2:7]
en ek het geloof wat berge kan skuif [Matt. 16:20].
Vader, ek kan alles doen wat U sê ek kan doen:
ek is meer as ’n wenner [ 1 Joh. 5:4; Open. 2:11].
Ek is ’n kragtige, dapper held wat geestelike oorloë veg en wen [Rigt. 6:12; Ef. 6:10-18]
met ’n gesindheid van eer en respek.
Ek is meer as ’n oorwinnaar, omdat Christus klaar die geveg aan die kruis gewen het
en ek net die oorwinning proklameer [Rom. 8:35].
Alle omstandighede en vyande is onder my voete – ek bevestig net
Jesus se oorwinning met elke tree [Ps. 8:6; Luk. 10:19].
Ten spyte van moeilike situasies is ek meer as ’n oorwinnaar deur Christus wat
vir my geveg het [Rom. 8:37] en nou my tot oorwinning lei [2 Kor. 2:14].
Omdat ek en God een is, is ek sterk en kragtig in Sy sterkte [Ef. 6:10].
Ek is tot alle dinge in staat deur Christus wat my in staat stel. [Fil. 4:13]
Ek is gereed vir enige iets en in staat tot enige iets deur Hom wat innerlike sterkte
in my aktiveer. Ek is selfgenoegsaam in Christus se vermoë in my [Fil. 4:13].
Alles waaraan ek raak is voorspoedig [Ps. 1:1-3].
Ek is die kop en nie die stert nie – ek gaan op en nie af nie [Deut. 28:13].
Hy wat in my is, is groter en sterker as hy wat in die wêreld is [1 Joh. 4:4].
Omdat ek in Jesus Christus glo, Hom vertrou en op Hom steun in alles,
kan ek alles doen wat Jesus gedoen het en selfs groter dinge,
want Sy Gees in my, ken geen perke nie [Joh. 14:12-14].
Daarom glo ek dat alle dinge moontlik is en ek gaan nie
die Heilige Gees in my beperk of weerstaan nie[Fil. 4:13].
Ek het krag en gesag ontvang toe die Heilige Gees oor my gekom het – waar ek
ook al heengaan en wat ek ook al doen, doen ek in die krag en gesag van die Heilige Gees.
Ek het gesag om my hande op siek mense te lê en hulle gesond te maak – wanneer ek demoniese
magte aanspreek in mense in die Naam van Jesus, moet hulle gaan en so verlos ek mense
van sy houvas oor hulle: ek het alle gesag oor die krag van die vyand en niks kan my skade aandoen nie [Mark. 16:17 & 18].
Soos Jesus in die wêreld is, so is ek ook in hierdie wêreld [1 Joh. 4:17] en Sy onmeetbare,
onbeperkte en alles oortreffende krag van Vader God is binne-in my gees [Ef. 1:19].
Dis dieselfde gesag en krag wat Jesus uit die dood opgewek het – daarom sien ek kans vir
hierdie dag, want ek is nou maar eenmaal ’n geseënde van Vader
en Hy is baie lief vir my en ek vir Hom[Ef. 1:20; Rom. 8:11; Gen. 26:29].

Amen – “laat dit so wees!”


Warning: count(): Parameter must be an array or an object that implements Countable in /home/smartudu/public_html/wp-includes/class-wp-comment-query.php on line 399